WAT SOU GEBEUR? | |
  |
Wat sou gebeur as die Here vandag nie tyd gekry het om ons te seën nie, omdat ons gister nie tyd gekry het om vir Hom dankie te sê nie? Wat sou gebeur as die Here ons môre nie sou lei nie, omdat ons Hom vandag nie gevolg het nie? Wat sou gebeur as die Here vandag die Bybel sou wegneem, omdat ons dit nie gister gelees het nie? Wat sou gebeur as die Here ons gebede sou beantwoord op dieselfde manier as wat ons Sy oproep tot diens beantwoord het? Wat sou gebeur as Hy in ons behoeftes voorsien op dieselfde wyse as wat ons ons lewe aan Hom toewy? Dankie, Here, dat U Woord sê: “Hy behandel ons nie volgens die sonde wat ons gedoen het nie, en betaal ons nie terug vir ons misdade nie” (Ps. 103:10). - Oorgeneem |